Showing posts with label gedigte. Show all posts
Showing posts with label gedigte. Show all posts

Thursday, November 26, 2009

Madeliefies in Namakwaland by Ingrid Jonker

"Ingrid Jonker is a South African icon often compared to Sylvia Plath, Virginia Woolf and Anne Sexton, due to the intensity of her writing and the tragic course of her life."

"Today we look for something fragile and precious, something that can be broken, or lost, or — since that is her metaphor — not heard. We find it in "Madeliefies in Namakwaland".

Letter from Athol Fugard — The Classic (2.1): 78-1966, from Historical Papers, Cullen Library: A 2696 NAKASA, Nathaniel




Waarom luister ons nog
na de antwoorde van die madeliefies
op die wind op die son
wat het geword van die kokkewietjies

Agter die geslote voorkop
waar miskien nog ’n takkie tuimel
van ’n verdrinkte lente
Agter my gesneuwelde woord
Agter ons verdeelde huis
Agter die hart gesluit teen homself
Agter draadheinings, kampe, lokasies
Agter die stilte waar onbekende tale
val soos klokke by ’n begrafenis
Agter ons verskeurde land

sit die groen hotnotsgot van die veld
en ons hoor nog verdwaasd
klein blou Namakwaland-madeliefie
iets antwoord, iets glo, iets weet.


Wednesday, September 2, 2009

Die wagtertjie stap

Foto deur JacoHerbst


Die wagtertjie stap met sy bees na die kraal,
- die skowwe soos bultjies teen aandlug se vaal -
die wagtertjie suig uit sy ghoera 'n deun,
wat weemoedig en mooi in die skemering dreun.

Die beeste gaan stil in die voetpaadjie staan,
herkouend, en kyk 'n grys mannetjie aan,
wat skaars bo die grassaad sy korrelkop wys,
daar waar hy gebuk met sy bondeltjie reis.

Die ringe rinkink om die litjies so skraal,
die gesig is al oud, verrimpel en vaal;
opeens bly hy staan en sê sag vir die klong:
"Jy speel lekker, my tatta, he pappa se jong?"

Die wagtertjie skrik uit sy droom, sy hand
los die ghoera verward en dit val in die sand;
"Jo! Jo!" kreun hy hard, sy oë word wit,
van vrees gaan hy plat op sy hurke daar sit.


"Tokkelosie," so bibber sy stemmetjie swak;
die mannetjie kom, laat sy bondeltjie sak,
en vra met 'n stem wat soos donderwoord slaan:
"My swartpêr, hoe dink jy waar kom ekke vandaan?"

Die wagter se beentjies die rittel soos riet,
hy kyk na die ogies wat bliksems bly skiet,
toe antwoord hy skroom'rig - die eeu-oue plan:
"Jy kom doer van ver, ver van die blou berg vandaan!"

Die tokkelos lag; sy gesig soos 'n peer
deur die hitte verskrompel; hy vat sy bondeltjie weer,
"Dis reg, my klein jong, loop by die beeste maar saam;
die grootpêr hy trek by die blou berg; enne kom daarvandaan."

Toe roer net die grassaad waar 'n lyfie verdwyn,
in die vlei wat versink met 'n slingerlyn;
die beeste stap loom'rig en eensaam bly dreun
- soos 'n lied van die skeem'ring - die ghoera se deun.

C M van den Heever







Die Khoikhoi was goeie musiek- makers. Die windboog of 'ghoera' is
kombinasie van 'n fluit en 'n boog. Die klanke word deur asemhaling voortbegring. Die windboog het geklink soos 'n trompet.





Die tokkelosie



Saturday, August 8, 2009

Bicycle sonder 'n slot






"Bicycle sonder 'n slot" is one of the most beautiful and sad Afrikaans love songs. It is written and sung by the Afrikaans singer, Koos Kombuis.

English visitors can visit his English blog here.


The title of the song means "Bicycle without a lock"

The narrator is talking to his high school sweetheart of many years ago, Karin.
He asks her if she still remembers how they bunked school; their nights with candles and cold drink in an old "kaia"- a hut . . . . .
He tells her how he used to bring her flowers and lent her his most precious possession - his bicycle without a lock . . .
how he used to visit her late at night after her parents have gone to bed, just to tell her that he loved her . . . ..
He reminds her how they climbed the hills and how they rode his bicycle on the hem of a dream . what if, when you are big, life is like swimming against the stream?
All their questions were like kites wavering on a tree . . .
In the last stanza he tells her that she must understand that the years, like wine, mature in barrels filled with friendship and sunshine . . . .


Painting by South-African painter John Kramer

Bicycle sonder 'n slot

Karin onthou jy ons kuiers met koeldrank
alleen in die kaia van jeugtyd se groen
onthou die dae van skool bank en kerse
die nagte met honde en goed om te doen

ek bring vir jou blomme
ek gee jou genot
ek leen jou my bicycle sonder 'n slot
ek weet dit is laat
en jou ma-hulle slaap
maar ek moes net vir jou sê
ek het jou lief soos die Kaap


saam het ons bulte geklim in die somer
en fietsgery al op die soom van 'n droom
wat is jy as jy groot is, is die lewe net stroomop?
al ons vrae het gewapper soos vlieërs aan 'n boom

Karin verstaan dat jare soos wyn
kan oud word in kanne vol vriendskap en son
weet jy dat net kinders liewe Jesus kan liefhê
maar dat kinders die wêreld al meer gaan verstom

The song "Bicycle sonder 'n slot"