Wednesday, July 29, 2009

Michael Jackson (1958–2009) Joan Hambidge



A Poem in Afrikaans written after Michael Jackson's death by one of South- Africa's great poets, Joan Hambidge.

(Poem and photo by courtesy of Litnet)






Jy was nie
van hierdie wêreld nie:
jy skep ’n Neverland,
jou kasteel met prinse
in ’n verdroomde feëverhaal
weg van jou bitter jeug.
Hier abdikeer jy nooit
jou posisie as die Koning van Pop:
jy herskep jouself
word ’n Gemmerbroodmannetjie
- spieëltjie, spieëltjie aan die wand,
wie’s die rykste in die land?
Jy moonwalk aantygings
oor die vele Hansies in jou towerland.
Die aaklige heks genaamd die werklikheid
swaai haar verdoemende staf:
verrinneweerde, verfomfaaide zombie
verjaag uit jou domein met hoed en handskoen.
En nou?
Jy’s weg, maar ’n andersoortige sprokie het begin.
Jou skuld opeens vereffen,
Die ryk fee red die hele boksemdaais;
die Gemmerbroodmannetjie
ontmoet vir Alice in Wonderland.
En die kat grynslag steeds.

No comments:

Post a Comment